5.2.12

Argentina and South Africa (in English, in Spanish, in Afrikaans!!!!!)

Mi amigo Christo de Sudáfrica me escribió por Skype: Hi Corina. There was an article in our newspaper this weekend about the South Africans who went to Argentina to farm there. I thought you might find it interesting, so I found a link on the internet to the article:  http://www.dieburger.com/By/Nuus/Por-favor-is-jy-familie-20120203-3 Y agregó: It is in Afrikaans, but maybe you can translate it with Google translator.
La verdad que por respeto a mi profesión, no puedo copiar y pegar la pobrísima traducción de don Google, pero sí, los invito a que lo hagan ustedes. La nota es del diario Die Burger, del 03/02/2012. El artículo se llama Por favor, is jy familie? y habla sobre unos sudafricanos que viajaron hasta la Patagonia argentina, al lugar donde llegaron varios sudafricanos a comienzos del siglo XX. Percibo una cierta desilusión del autor de la nota por no haber encontrado demasiada gente que hable aún el Afrikaans, o que mantenga frescas las costumbres sudafricanas. Cuando yo estuve allá (en Sudáfrica) hice una nota para Cruz del Sur, donde trataba el tema: http://corinamoscovich.blogspot.com/2010/08/bloemfontein-una-ciudad-que-florece.html También me fue difícil encontrar información y nunca conseguí comunicarme con algún descendiente de sudafricanos y eso que en mi caso, hablar en castellano no era ni es un problema. En fin, acá pego entonces el artículo con la esperanza de actuar un poquito como puente entre dos países tan maravillosos como Argentina y Sudáfrica.

Christo, my South African friend Skyped me: Hi Corina. There was an article in our newspaper this weekend about the South Africans who went to Argentina to farm there. I thought you might find it interesting, so I found a link on the internet to the article:  http://www.dieburger.com/By/Nuus/Por-favor-is-jy-familie-20120203-3
And he added: It is in Afrikaans, but maybe you can translate it with Google translator.
The truth is that because I respect my profession, I cannot copy and paste the very poor translation made by Mr. Google, but, I do invite you to do it. The article is from Die Burger newspaper (03/02/2012). The article is called Por favor, is jy familie? and talks about some South Africans who traveled to the Argentinian Patagonia to the place where several South Africans arrived at the beginning of the 20th century. I perceive a certain disillusion of the author, as he did not find quite a lot of people that still talks Afrikaans, or even keeps fresh the South African customs. When I was there (in South Africa) I wrote an article for Cruz del Sur, where I talked about this topic:  http://corinamoscovich.blogspot.com/2010/08/bloemfontein-una-ciudad-que-florece.html It was also difficult for me to find information and I could never communicate with a South African descendent. And ey! In my case speaking Spanish was and it is not a problem. Oh, well... here I paste the article, hoping to act a little bit as a bridge between two wonderful countries like Argentina and South Africa.

Waar begin ’n mens as jy op ’n vreemde kontinent duisende kilometer van die huis mense probeer opspoor van wie jy bitter min weet?
Dít is die vraag wat ons moes beantwoord toe ons in Argentinië gaan soek het na die nasate van die honderde Afrikaner- gesinne wat ná die einde van die Anglo-Boereoorlog in 1902 na Patagonië in Argentinië geëmigreer het omdat hulle die Britse bewind nie wou aanvaar nie.
Wanneer ons in Patagonië aankom, weet ons reeds die meeste van die Boeregesinne het hulle destyds rondom die dorpie Sarmiento gevestig, en ons besluit die telefoongids klink na ’n goeie wegspringplek. In Sarmiento soek ons een by ’n telefoon- en internetwinkel, en sowaar, ons kry hulle in die gids: die Krugers, Hennings, Venters, Lambrechts. Maar die voorname is vir ons vreemd: Ricardo, Francisco, Esteban, Pedro.
Om hulle te bel, sal waarskynlik nie veel help nie: Min sal steeds Afrikaans verstaan, en Engels help jou op die Argentynse platteland na aan niks. Spaans kan ons nie praat nie.
Die winkelassistent hou ons dop, vra wat ons doen. Ons probeer verduidelik, maar vorder nie. Die teken van ’n prentjie met die twee kontinente, ’n skippie met pyltjies en die datum “año 1902” help eindelik; en toe ek die Afrikanervanne vir hom neerskryf, begin sy oë blink – ja, hy herken die name en beduie dat Hugo Venter net om die hoek woon.
Ons kies koers na die huis, waar ’n vrou die deur oopmaak. Ons vertel waarom ons daar is, maar sy verstaan nie. Ons word ingenooi, maar die gasvrou lyk huiwerig. “Familia, Suid-Afrika,” rek ek die waarheid ’n bietjie. My man, Pieter, se ma was darem ’n nooi Venter. Sy beduie ons moet sit, bel iemand en verduidelik in Spaans iets oor die foon. Ons hoor net “familia Suid-Afrika”.
Kort voor lank verskyn ’n man in sy twintigs in die deur. Dis Hugo se seun, Emanuel. Hy verstaan ’n snarsie Engels, maar ons kommunikasie vorder nie. Weer teken ons prentjies en beduie, maar met beperkte sukses. Dis nie lank nie of Hugo verskyn. Sy blou oë val dadelik op. In Suid-Amerika is blonde hare en blou oë ’n rare verskynsel.
“Hoe gaan dit?” word ons vriendelik in Afrikaans gegroet. Nóú gaan ons vorder. Maar dis gou duidelik dis die somtotaal van Hugo se Afrikaanse woordeskat.
Dan gaan haal Emanuel sy rekenaar wat ’n vertaalprogram het. Ons vra in Afrikaans, en die rekenaar vertaal dit in Spaans. En so leer ons Hugo se oupagrootjie was ene Piet Venter wat in 1902 na Argentinië geëmigreer het, en Hugo is die derde geslag Venters wat op Argentynse bodem gebore is.
Hugo se vrou, Juana, beduie daar is nog iemand op pad wat “Suid-Afrikaans” kan praat. Ná ’n paar minute sluit Ricardo Kruger hom by ons aan. Weer die blou oë. Sy oupa Andries Jacobus Kruger het as 17-jarige saam met sy neef die avontuur aangepak om hulle in Argentinië te vestig. Ricardo praat nog vlot Afrikaans omdat hy nog twee broers en ’n suster in Argentinië het met wie hy Afrikaans praat wanneer hulle bymekaarkom.
En dan begin die verhaal ontvou ...
Die Argentynse regering, vertel Ricardo, het die Boere in 1902 genooi om hulle daar te kom vestig omdat die owerheid die suide van die land digter wou bevolk.
Die gebied het in daardie stadium byna leeg gelê nadat die inheemse stamme verdryf is, en die regering was bang die gebied sal deur ander volke beset word.
Elke Afrikanerboer het 2?500 hektaar ontvang wat hy later sou moes afbetaal. Die beste landbougrond was dit nie. Patagonië herinner aan die Karoo – daar is min water, ongenaakbare vlaktes en gure weer. Die snerpende wind en sneeu in die winter het lewensomstandighede bemoeilik, en baie van die beloftes wat voor hul vertrek uit Suid-Afrika aan die Boere gemaak is, het nooit werklikheid geword nie. Boonop kon die boere en die plaaslike bevolking nie met mekaar kommunikeer nie.
Die Boere het aanvanklik in tente gebly, en drinkwater moes soms kilometers ver aangery word. Toe die Afrikanerboere die Argentynse regering vra om vir water te boor, is olie raakgeboor – en baie daarvan. Vandag is die streek een van die belangrikste oliebronne in die land en verskyn oliepompe oral in die gebied tussen Sarmiento en Comodoro Rivadavia.
Met verloop van tyd het baie Boere en hul kinders agter werksgeleenthede aan na Comodoro Rivadavia getrek, en vandag woon talle nasate van die Afrikanerpioniers in hierdie stad, 160?km van Sarmiento.
In 1939 het byna die helfte van die Boere wat na Argentinië getrek het, egter na Suid-Afrika teruggekeer nadat die Suid-Afrikaanse regering hulle versoek het om na hul vaderland terug te kom.
Halfpad deur die gesprek roep Emanuel my eenkant. Hy wil my iets op sy rekenaar wys. En daar – ver, ver van die huis – begin Bok van Blerk sing: “De la Rey, De la Rey, sal jy die Boere kom lei ...”
Hy het die Spaanse vertaling van die lirieke en het die geskiedenis van De la Rey op die internet nagespeur, vertel Emanuel. Maar hoe hy die lied ontdek het, raak verlore in ons kommunikasie.
Die Venters bied vir ons tee aan, maar die res van die geselskap drink maté, ’n kruietee wat deur ’n metaalstrooitjie uit ’n kalbasagtige koppie gedrink word en in die hele Suid-Amerika gewild is.
Hulle nooi ons na ’n asado dié aand, en dit blyk dit is hul weergawe van ’n braai. Wanneer ons later die aand hiervoor aanklop, brand die vuur in die binnebraai reeds gesellig. Ricardo Kruger is by, ook iemand wat van Engels na Spaans tolk.
En dan trek ons los met ons eindelose vrae. Nee, hulle maak nie meer biltong of droëwors nie. Hul pa’s het dit nog gemaak, maar nou doen niemand dit meer nie.
In ’n land wat oorwegend Rooms-Katoliek is, het hulle Protestants gebly, en daar is steeds ’n gereformeerde gemeente in Sarmiento.
Hulle het nog familie in Suid-Afrika, maar het geen kontak met hulle nie. Nie een van hulle het Suid-Afrika al besoek nie, en hulle stel oënskynlik nie veel belang in wat daar gebeur nie.
Hul kinders en kleinkinders kan nie meer Afrikaans praat nie. Die eerste geslag het nog met mede-Afrikaners getrou, en daar is neergekyk op Afrikaners wat met Argentyne getrou het, maar vandag is dit lankal nie meer so nie. Sowel Hugo as Ricardo is getroud met Argentynse vroue wat nie Afrikaans kan verstaan of praat nie.
Iets wat egter onveranderd gebly het, is dat hulle steeds nie van die Engelse hou nie. Nie een kan Engels praat nie, en hulle het geen behoefte om dit aan te leer nie. Tydens die Falkland-oorlog (hulle noem dit die Malvinas-oorlog) in 1982 het sowel die Venters as die Krugers al hul huisware wat in die oorlog bruikbaar sou wees, aan die Argentynse regering beskikbaar gestel sodat dit in die konflik teen die Engelse gebruik kon word.
Teen die einde van die aand herontdek Hugo al hoe meer van sy vergete Afrikaans. Hy vertel met die hulp van Ricardo hoe hy as kind Die Huisgenoot gelees het.
Hy wys ’n foto van hom waar hy ’n speenvark op die spit braai en sê trots in Afrikaans: “ ’n Klein vark.”
Wanneer ons net voor twaalfuur groet, belowe ons om kontak te behou.
Die volgende dag besoek ons die begraafplaas in Sarmiento om te kyk of ons Afrikanergrafte kan opspoor. Dit is taamlik maklik om die ouer Boeregrafte uit te ken, want dis eenvoudiger as die meer dekoratiewe Argentynse grafte.
Die eerste grafsteen wat ons oog tref, is dié van ene Cornelia Viviers, wat in 1928 begrawe is. Die bewoording op die grafsteen is in Afrikaans met die teksvers, Joh. 11:25, ook in Afrikaans. Hoe meer onlangs die grafstene aangebring is, hoe minder word die Afrikaanse bewoording. Selfs die volgende geslag Viviers se grafskrifte is in Spaans. En tog herken ons baie vanne: Van der Merwe, Visser, Van der Walt, Venter, Henning.
Ons verlaat Sarmiento met gemengde gevoelens. Het ons verwag om daar volksgenote te vind wat met nostalgie na hul “verlore vaderland” verlang?
Dan het ons ons misgis.
Hulle praat Spaans, drink maté, skree vir die Poemas. Hulle het in ’n vreemde land oorleef en aangepas.
Verskeie Afrikaner-nasate het in die Argentynse gemeenskap naam gemaak en sakelui, dokters en advokate geword. Emanuel is besig om sy regstudie te voltooi en het ’n pos in die Argentynse parlement gekry. Dit kon slegs gebeur het as hulle by die Argentynse samelewing aangepas het. Net soos ons Franse, Duitse en Nederlandse voorgeslagte ’n nuwe identiteit hul eie gemaak het en hul nageslagte nie verlang na hul voorouers se lande van oorsprong nie, het die Afrikaners dit in Argentinië gedoen.
Maar dan begin ons wonder of ons nie te gou ons gevolgtrekkings gemaak het nie. Ons het net met twee gesinne gesels. Hoe verteenwoordigend is dit van die nasate van die Afrikaners in Argentinië?
Ons het in ’n tydskrifartikel gelees van Afrikaner-afstammelinge met die van Hammond wat ’n koffiewinkel in Comodoro Rivadavia het. Weer telefoongids toe. Daar is vier Hammonds gelys, maar daar is net antwoord by een. Dié oproep bring geen antwoorde nie.
Ons laaste leidraad is ’n stukkie papier wat Emanuel voor ons vertrek aan ons gegee het. Daarop staan “Consul – Blackie” met ’n telefoonnommer in Comodoro Rivadavia. Wanneer ons bel, antwoord Blackie in perfekte Afrikaans. Hy was 18?jaar lank Suid-Afrika se konsul in Patagonië, maar het twee jaar gelede afgetree.
Wanneer ons ontmoet, deel hy sy storie entoesiasties. Sy pa het vroeg in die 20ste eeu as 16- jarige knaap van Suid-Afrika na Argentinië gekom en is later met ’n nooi Van Wyk getroud. Blackie (sy naam en van is Martin Blackie) is in 1939 gebore as die sewende van tien kinders. Hy is dus een van die eerste geslag Afrikanerkinders wat in Argentinië gebore is. Hy het nog helder herinneringe aan die vroeë swaarkrydae, hoewel dit al beter gegaan het met sy gesin teen die tyd dat hy gebore is. Hy vertel van die moeilike tye toe sy pa met sy vrou, drie maande oue babatjie, vyftig skaap en twee honde op die kaal vlakte naby Sarmiento ’n begin moes maak. Mettertyd het hulle ’n huis gebou, water aangelê en ’n suksesvolle boerdery gevestig.
Blackie het ’n passie vir die behoud van Afrikaans en die Afrikanerkultuur onder sy mense en het deur die jare pogings aangewend om dit behoue te laat bly.
Onder sy leiding is jare lank elke Februarie ’n Boeresportdag en ’n Boeremakietie op ’n plaas naby Sarmiento gehou. Dit het egter die afgelope ses jaar nie meer plaasgevind nie, omdat die belangstelling in die behoud van die Afrikanerkultuur veral onder die jong mense getaan het.
Tans is Blackie nie so positief oor die toekoms van Afrikaans in Argentinië nie, want al hoe minder mense kan die taal praat.
En so bevestig Blackie dit wat ons in Sarmiento waargeneem het: Ná die eerste geslag of twee het die volgende geslag Afrikaners in Argentinië die nuwe land hul eie gemaak en ook geassimileer.
Selfs Blackie is met ’n Argentynse vrou getroud en is die enigste een in sy gesin wat Afrikaans kan praat.
Wanneer Blackie ons op ’n toer deur Comodoro Rivadavia neem, is ons eerste besoekpunt die kerkie wat deur Afrikaners gebou is en waarvoor die vroue die geld ingesamel het deur koeksisters en pannekoek te bak en te verkoop.
Die kerk staan nou in ’n besige straat ingedruk tussen ander geboue, maar is die tuiste van ’n gereformeerde gemeente van 70 lidmate – hoofsaaklik Afrikanernasate. Die taal van die dienste is Spaans.
Ons volgende stilhouplek is ’n gedenkmuur wat in 2002 opgerig is by die 100ste herdenking van die koms van Afrikaners na Patagonië. In die middel is ’n sement-ossewa, en weerskante is kaarte van Patagonië en Suid-Afrika.
’n Gedenkplaat op die muur lys die vanne van die gesinne wat na Argentinië gekom het: Van der Walt, Vorster, Snyman, Pelser, Malan, Joubert, Swanepoel, Spies, Van Vuuren en vele meer. In die opskrif staan: “Eer jou vader en jou moeder.”
Ons loer daarna by ’n winkel in waar Blackie se kleinseun wegneemetes maak en verkoop. Mathias kan nie Afrikaans verstaan nie, maar ons kry warm vetkoek en “boerebrood” voor ons vertrek.
Voordat ons groet, gaan wys Blackie ons sy tuin waar hy proteas probeer kweek. Hy vertroetel al jare lank die plante en die struike groei welig, maar steeds ontwyk die eerste protea-blom hom.
Wanneer ons vertrek, is ons verwonderd oor wat ons gevind het. Afrikaners in Argentinië is grootliks ’n uitgestorwe spesie. Die eerste geslag Afrikaners het Afrikaners gebly. Blackie se pa het tot sy dood nie Spaans leer praat nie.
Mettertyd het die volgende geslagte geïntegreer en volwaardige Argentyne geword.
Daar is dalk uitsonderings, maar min van die Afrikaner- tradisies, -kultuur of -taal het oënskynlik in Argentinië oorgebly.
Wat beteken dit vir die duisende Afrikaanse mense wat hulle in die afgelope dekade of twee in die buiteland gaan vestig het?
En tog, dink ek. En dan onthou ek weer: Emanuel wat “De la Rey” speel, Mathias wat vetkoek aandra, en Blackie wat tog so graag ’n protea in sy agterplaas wil laat blom.

Para dejar un comentario: cliqueá en “comentarios”, saldrá una ventana donde escribir y justo debajo, la forma en que quieras identificarte (Google; anónimo; nombre/URL). Las traducciones a otros idiomas son bienvenidas. Por favor contactáme a corinamoscovich@gmail.com 
To leave your comment clik on “comentarios”, you will see a pop up window where you can write it. Just below, you decide how you want to identify (Google; anónimo; nombre/URL). Translations to other languages are welcomed. Please contact me to corinamoscovich@gmail.com  

1 comment:

Antonia said...

Interesante tu aporte , Corina, y la experiencia de leer esa extraña "traducción".
oJalá logren encontrar a quienes buscan.